
=====================================================================
Om God Persoonlik Te Ken
=====================================================================
 Om God
Persoonlik Te Ken


Hier is 'n verduideliking van hoe u God persoonlik kan leer ken. Dis nie die enigste manier nie, maar beslis een van die beste verduidelikings omdat dit uit die Bybel kom.

---------------------------------------------------------------------

PUNT EEN:

GOD HET U LIEF EN HET U GESKAPE OM 'n PERSOONLIKE VERHOUDING MET HOM TE H.

God het u lief
"God het die wreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal h."
(Johannes 3:16)

(Lees die aangehaalde gedeeltes in u eie Bybel indien moontlik om die hele konteks te kry. Ons maak hier gebruik van die nuwe Afrikaanse vertaling.)

God wil graag h dat u Hom persoonlik moet ken.

Jesus het ges: "Ek het gekom sodat hulle die lewe kan h, en dit in oorvloed." (Johannes 10:10b)

"En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is" (Johannes 17:3)

Waarom het die meeste mense nie so 'n verhouding met die Here nie?

---------------------------------------------------------------------

PUNT TWEE:

DIE MENS IS SONDIG EN SKULDIG VOOR GOD, GOD IS HEILIG EN REGVERDIG. DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HERE EN DIE MENS IS VERBREEK DEUR DIE MENS SE EIE HARDNEKKIGE EIEWILLIGHEID EN SO IS HULLE VAN MEKAAR GESKEI.

Wat is sonde?
"God het ons geskape om Hom lief te h maar ons het ons eie pad gevolg. Ons wys dit deurdat ons dinge op ons eie wil doen sonder die Here. Hierdie houding word in die Bybel sonde genoem."
(Romeine 1:18-21; Jesaja 53:5,6)

Wie het gesondig?
"Want almal het gesondig, en hulle het nie deel aan die heerlikheid wat God vir die mens bestem het nie."
(Romeine 3:23)

Wat is die gevolge van sonde?
". . . Dan sl Hy die mense straf wat nie vir God wou ken nie en di wat die evangelie van ons Here Jesus nie wou gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd gehou uit die teenwoordigheid van die Here en van Sy magtige heerlikheid."
(Thessalonisense 1:8,9)

God is heilig en die mens is sondig. 'n Kloof skei hulle van mekaar. Selfs al draai iemand weg van die Here, probeer so 'n persoon steeds om hierdie kloof te oorbrug en probeer om tevredenheid, sekuriteit ens. te kry deur middel van geld, godsdiens of verhoudinge. Al hierdie pogings sal onsuksesvol wees omdat dit nie die sondeprobleem oplos nie.


In die derde punt het ons die enigste antwoord op die sondeprobleem.

---------------------------------------------------------------------

PUNT DRIE:

GOD SE OPLOSSING VIR DIE MENS SE SONDE IS JESUS CHRISTUS. ALLEENLIK DEUR HOM KAN U 'n PERSOONLIKE VERHOUDING MET DIE HERE H

Jesus is uniek: niemand anders is soos Hy nie.
Hy is God en mens in dieselfde persoon. (Johannes 8:58; sien ook Eksodus 3:13,14)

Hy was sondeloos en het ook so gelewe. (Johannes 8:46; 1 Petrus 2:22)

Hy het opgestaan uit die dood, soos Hy ges het Hy sou. (Lukas 9:22)

Eeue voordat Hy gebore is, is daar oor Hom geprofeteer. (Lukas 24:27)

Jesus het in ons plek gesterwe
"Ook Christus het eenmaal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring." (1 Petrus 3:18a).

"Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." (Romeine 5:8)

Jesus het opgestaan uit die dood
"God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies." (Handelinge 2:32)

Die opstanding bewys aan ons:
-dat Hy die Seun van God is. (Romeine 1:14)
-dat Hy volledig vir ons sondes betaal het. (Handelinge 13:34-39)

Jesus is die enigste weg
Jesus het ges: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." (Johannes 14: 6)

Ons is ter dood veroordeel as gevolg van ons sonde; maar God het Sy Seun Jesus gestuur om in ons plek te sterwe. Hy het die kloof oorbrug wat ons van God skei. Daarom is dit vir ons moontlik om 'n persoonlike verhouding met die Here te h en om vergifnis by Hom te kry vir ons sonde.

Dis egter nie genoeg om hierdie dinge net te weet nie...

---------------------------------------------------------------------

PUNT VIER:

ELKE MENS MOET JESUS CHRISTUS PERSOONLIK IN SY LEWE INNOOI AS VERLOSSER EN HERE. ELKE MENS MOET JESUS DUS PERSOONLIK AANNEEM AS SALIGMAKER. DAN KAN ONS GOD PERSOONLIK BEGIN KEN.

Dit behels:
-Om met die Here saam te stem dat ons sondig is en om te besluit om weg te draai van ons sonde af.
-Om Jesus te vertrou dat Hy ons heeltemal vergewe omdat Hy vir ons sondes gesterf het.
-Om die keuse te maak om Jesus lief te h en te gehoorsaam.

Hierdie verhouding is 'n gawe ('n geskenk) van God en begin wanneer ons ons vertroue op Christus plaas.
"Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie." (Efesirs 2:8,9)

Hierdie verhouding is persoonlik:
Jesus het ges: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My." (Openbaring 3:20)

Dis egter nie genoeg om hierdie dinge slegs met die verstand te glo of slegs 'n emosionele ervaring hieroor te he nie. U moet 'n keuse maak. Die volgende skets maak dit duidelik

Hierdie twee sirkels stel twee toestande voor waarin 'n mens kan verkeer:

Watter sirkel stel u lewe voor?
Watter sirkel sou u graag wou h moet u lewe voorstel?
Nou word aan u verduidelik hoe u Jesus Christus kan aanneem (of hoe u Hom in u lewe kan innooi)

---------------------------------------------------------------------

U kan Christus nou aanneem deur Hom in geloof in u lewe deur 'n gebed in te nooi.

(Gebed beteken maar net om met die Here te praat)

God ken u hart en Hy stel meer belang in u gesindheid as in u woorde. Hier is 'n gebed wat voorgestel word:

"Here Jesus, ek besef dat ek my lewe self beheer het en dat ek teen U gesondig het. Baie dankie dat U ook vir my sondes gesterf het. Ek maak die deur van my hart vir U oop en nooi U in as my Verlosser en my Here. Ek neem U nou aan as my Saligmaker, my Verlosser en my Here. Maak my die soort mens wat U wil he dat ek moet wees. Amen"

Sou u dit vir die Here wou s en dit bedoel?
Indien Ja: bid dan n hierdie gebed, en die Here Jesus sal in u lewe inkom soos wat Hy beloof het. (BID SELF NOU HARDOP)
Indien Nee: of as u nie nou al seker is nie, moet u hierdie voor-afgaande waarhede versigtig oordink. U is verantwoordelik voor God vir u keuse. (Johannes 3:18)

---------------------------------------------------------------------

Wat het nou met u gebeur toe u u vertroue in Christus geplaas het?

Het u Christus in u lewe ingenooi? (of anders gestel: het u Hom aangeneem?) Indien u Ja s: wat het gebeur? As u dit gedoen het, het baie dinge gebeur, ook die volgende:

-Jesus het in u lewe ingekom deur Sy Gees en Hy sal u nooit weer verlaat nie. (Openbaring 3:20; 1 Korintirs 12:13; Hebrers 13:5)

-U sondes is heeltemal vergewe. (Kolossense 2:13,14)

-U is nou deel van die Here se familie. Hyself is u Vader en alle ander gelowiges is u broers en susters. (Galasirs 3:26)

-U ewige verhouding met God, waarvoor Hy u geskape het, het begin. (Johannes 17:2,3; Johannes 10:10)

Hoe om te wt dat Christus in u lewe is.

Hoe wt u dat dit alles nou wel gebeur het?

Omdat die Here dit belowe het en Hy betroubaar is.

"En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en di lewe is deur Sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie." (1 Johannes 5:11-13).

Dank die Here dikwels dat Christus in u lewe is en dat Hy u nooit sal verlaat nie. (Romeine 8:38,39; Johannes 16:33) U kan wt dat die lewende Christus in u woon en dat u die ewige lewe het, van die oomblik af wat u Hom ingenooi het op grond van Sy belofte. Hy sal u nit mislei nie.

Maar wat daarvan as ek nie anders voel nie?

---------------------------------------------------------------------

Moenie op gevoelens staatmaak nie.

Ons vertrou op die beloftes van die Woord van God, nie op ons gevoelens nie. Die Christen lewe deur geloof (vertroue) in God self en Sy Woord. Die skets van die trein hieronder illustreer die verband tussen die waarheid (feit, God en Sy Woord), geloof (ons vertroue in God en Sy Woord), en gevoel (die gevolg van ons geloof en gehoorsaamheid).

Die trein word getrek deur die lokomotief, nie deur die kondukteurswa nie. Net so berus ons geloof op God en Sy Woord, nie op ons gevoel nie. "Moenie toelaat dat u geloof op u gevoel berus nie." (2 Korintirs 5:7, 4:7-5:10)

---------------------------------------------------------------------

LEWE BEDIENING publiseer ook ander materiaal waarin u dalk kan belangstel:

1.  Die Oordraagbare Begrippe
2.  'n Stel van 9 boekies wat praktiese inligting verskaf oor belangrike areas van die Christus-lewe.
3.  Tien Basiese Stappe tot Geestelike Volwassenheid
4.  'n Reeks Bybelstudies wat elk 'n ander aspek van die Christelike lewe belig.
5.  5 Stappe van Geestelike Groei
6.  Bybelstudies en'n leiersgids, m.a.w. u kan self u studiegroep aanbied sonder om self te soek na antwoorde. Die leier het die antwoorde in die gids en die groeplede het 'n boek sonder antwoorde; baie leersaam!

LEWE BEDIENING/CAMPUS CRUSADE FOR CHRIST bied ook seminare en naweekkursusse aan wat opleiding verskaf in Evangelisasie en Dissipelskap.

Verdere inligting word op aanvraag verskaf vanaf die adres op die keersy hiervan.

---------------------------------------------------------------------

AANBEVELINGS VIR GEESTELIKE GROEI

Ons verhouding met Christus groei as ons die Here meer en meer vertrou met elke afdeling van ons lewens. Hierdie vertroue word ontwikkel deur:

* Die Bybel te lees (2 Timotheus 3:14-17)
* te bid (Filippense 4:6)
* die Here altyd te gehoorsaam (Lukas 6:46-49)
* te wandel in die krag van die Heilige Gees (Kolossense 2:6; Efesirs 3:14-21 en 5:18)
* andere te vertel van Christus deur ons lewens en woorde (Mattheus 28:18-20, 2 Korintirs 5:17-20; Efesirs 4:1)
* met ander Christene gemeenskap te h (Hebrers 10:25, HandeIinge 2:42-47). As u nog nie 'n kerk bywoon nie, neem die inisiatief en skakel by so 'n kerk in. Sorg ook dat u genoeg Christen-geselskap geniet.

---------------------------------------------------------------------

Die Direkteur, Lewe Bediening
Campus Crusade for Christ
Posbus 28477
Sunnyside, Pretoria 0132 of Posbus 40181
Arcadia 0007



